TIK TOK, TIK TOK
In 'n oogwink is jy daar.
"Daar", is 'n plek, baie vêr van hier.
"Môre."
Daar, is waar jy nou is.
"Vandag", gister se môre.
'n Plek geskep deur tyd.
Tik Tok. Tik Tok, roep die klok van die lewe.
In 'n oogwink bereik jy die einde.
Die einde wat gister nog so vêr was.
Eweskielik, leef jy in ruimtes van stiltes.
Jy probeer weg kyk terwyl jy kyk.
Jy onthou van voornemens, gister gemaak.
Uitgestel vir more, vandag vergete.
Dis nou te laat.
Die klok Tik Tok voort.
Die klok van die lewe.
Nou is daar te min tyd.
Môre is vandag net 'n faag herinnering van jou lewe.


|